Vermiste vrou vermoor in begraafplaas ontdek

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Die liggaam van Bonisiwe Mabuza (37), wat as vermis aangemeld was, is Maandagmiddag in die Luphisa-begraafplaas in Pienaar, buite Nelspruit, uit ‘n vlak graf opgegrawe.

Kol. Donald Mdhluli sê Mabuza is op die aand van 25 Junie as vermis aangemeld nadat haar familie haar nie in die hande kon kry nie. Items soos ‘n televisie en vrieskas was uit haar huis vermis. Haar VW Polo is in ‘n afgeleë plek in Pienaar gevind. Al vier die wiele, ‘n kantspieël en agtersitplek was verwyder.

Mdhluli sê die polisie het gedurende die naweek ‘n man en vrou vir ondervraging ingeneem en ‘n deurbraak gemaak. Sommige van die gesteelde items van Mabuza is teruggevind. Die man en vrou is in hegtenis geneem en ‘n derde verdagte het homself Maandag aan die polisie oorgegee.

Terwyl die ondersoek voortduur, sal die drie verdagtes Woensdag in die Kanyamazane-landdroshof op aanklagte van moord, ontvoering en huisroof verskyn.

Meer klagtes kan moontlik soos wat die ondersoek vorder, bygevoeg word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief