Vermiste vrou vermoor in graf ontdek

Lees ook :

Foto: SAPD

OOS-KAAP. – Zintle Takane (24), wat sedert Vrydag vermis is, se liggaam is Dinsdag op Fort Beaufort in ‘n graf gevind.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê Takane se kêrel is op aanklag van moord in hegtenis geneem. Hy sal Donderdag in die Fort Beaufort-landdroshof verskyn.

Takane is glo Vrydag omstreeks 21:00 saam met haar kêrel in sy wit Mercedes-Benz by Mike Valley opgemerk, waarna hulle saam weg is. Sy is sedertdien nie weer gesien of van gehoor nie. Takane se kêrel kon ook nie vir inligting oor waar sy is bereik word nie.

Die polisie-ondersoek gaan voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief