OOS-KAAP. – Zintle Takane (24), wat sedert Vrydag vermis is, se liggaam is Dinsdag op Fort Beaufort in ‘n graf gevind.
Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê Takane se kêrel is op aanklag van moord in hegtenis geneem. Hy sal Donderdag in die Fort Beaufort-landdroshof verskyn.
Takane is glo Vrydag omstreeks 21:00 saam met haar kêrel in sy wit Mercedes-Benz by Mike Valley opgemerk, waarna hulle saam weg is. Sy is sedertdien nie weer gesien of van gehoor nie. Takane se kêrel kon ook nie vir inligting oor waar sy is bereik word nie.
Die polisie-ondersoek gaan voort.