[t4b-ticker]

Vermoorde meisie se liggaam by treinspoor gelos

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die liggaam van ‘n meisie (11) is by ‘n treinspoor op Bohlokong gelos nadat sy glo op 29 Desember vermoor is.

Adj.off. Mmako Mophiring sê die meisie is na bewering omstreeks 10:20 deur die verdagte ontbied om vir hom sigarette te gaan koop. Met haar terugkeer is sy verwurg en brutaal vermoor. Haar liggaam is met ‘n oop wond aan die nek langs ‘n treinspoor gevind.

Mophiring sê die moontlikheid van verkragting is nie uitgeskakel nie en ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die meisie se dood vas te stel.

Die verdagte sal op 2 Januarie op ‘n aanklag van moord in die Bethlehem-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief