Verpleegsters glo by kliniek verkrag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Twee verpleegsters is glo vanoggend vroeg (Vrydag) by die Chuene-kliniek, in Lebowakgomo-polisiëringsgebied, tydens ‘n sakeroof te voet ontvoer en daarna verkrag.

Brig. Hlulani Mashaba sê volgens inligting het ‘n gewapende verdagte die veiligheidswagkamer binnegegaan en drie wagte wat aan diens was met ‘n vuurwapen gedreig. Twee van hulle is met hulle eie boeie geboei. Daarna is die derde vroulike veiligheidswag beveel om die verdagte die kliniek in te neem. Twee verpleegsters wat aan diens was, is na bewering met ‘n vuurwapen aangehou, hulle sakke is deursoek en hulle selfone is geroof. Die verpleegsters is glo daarna met die vuurwapen gedreig en te voet na nabygeleë bosse gedwing waar hulle seksueel aangerand is. Die veiligheidswag is by die kliniek agtergelaat. Die verdagte het daarna van die toneel gevlug en die verpleegsters het na die kliniek teruggestap. Hulle is vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Die polisie is vir hulp na die toneel ontbied. Aanklagte van sakeroof, ontvoering en twee van verkragting is by die polisie geregistreer.

Hadebe het ‘n multi-dissiplinêre span saamgestel om die verdagte op te spoor. Enigiemand met inligting word gevra om kol. Mmapitsi Sekotlong by 082 565 8234 te bel.

Diketseng Mashego, die LUR vir gesondheid in die provinsie, het die misdaad ten tyde van die verpleegsters se nagskof, omstreeks 01:00, ten sterkste veroordeel. Die verpleegsters kon eers teen 05:00 vanoggend na die kliniek terugkeer.

“Hierdie betreurenswaardige voorval is ‘n ernstige terugslag vir ons departement se pogings om te verseker dat klinieke 24 uur per dag kan funksioneer. My hart gaan uit na die twee verpleegsters wat geweldige fisiese en sielkundige trauma opgedoen het. Hoe kan ons ons personeel oortuig om nagskof te werk om die gemeenskap te dien as dieselfde gemeenskap op so ‘n gewelddadige manier teen hulle draai?”

Sielkundige hulp word aan die verpleegsters verskaf en Mashego belowe haar departement sal nie rus voordat die skuldige aan die pen ry nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief