Verpleërs sterf in ongeluk

Lees ook :

Foto's: CERT

GAUTENG. – Twee verpleërs van Unitas-hospitaal het gesterf en nog is beseer toe die minibus waarin hulle gery het met ‘n ligte motorvoertuig in ‘n ongeluk betrokke was.

AO Johan van Dyk sê die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

CERT sê die ongeluk het Saterdagaand omstreeks 19:30 op die kruising van die R55 en Wierdapad naby Sutherland in Centurion gebeur.

Die insittendes van die minibus was verpleegpersoneel wat na ‘n skof onderweg na hulle huise toe was. Een persoon is per lugambulans vervoer, terwyl ander kritiek beseerdes met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem is.

Die omstandighede van die ongeluk is onbekend, maar word deur die polisie ondersoek.

Community Emergency Response Team (CERT) het medelye met die oorledenes se familie en vriende uitgespreek.

“Dankie vir Netcare911 , Emer-G-Med (Pty) Ltd , Emergency Medical Solutions , Gauteng Emergency Medical Services , Promed Ambulance Pty. Ltd. , LifeStar 911, Best Care Emergency Medical Service , Laudium Disaster Management , Tshwane Emergency Services Department , Tshwane Metro Police Department , SAPS, Wierdabrug Sektor 1,2 en 3 GPF, Precision Towing, FirstHelp Towing, MLC Towing en alle ander dienste vir hulle hulp op die toneel.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief