VN veroordeel Israeliese aanval op joernaliste

Lees ook :

VN veroordeel Israeliese aanval op joernaliste fotokrediet: X

GASA. – Die VN se menseregtekantoor het Israel se aanval wat joernaliste in Gasa gedood het, veroordeel en gesê dit is ’n oortreding van die internasionale wet.

Lees ook: Vyf joernaliste dood in Israeliese aanval op Gasa

Vyf Al Jazeera-joernaliste, een vryskut joernalis en een onbekende persoon, is Sondag oorlede ná ’n Israeliese aanval op hulle tent by die al-Shifa-hospitaal.

’n Begrafnis vir die joernalis Anas al-Sharif, die teiken van die aanval, die joernalis Mohammed Qreiqeh en kameramanne Ibrahim Zaher, Mohammed Noufal en Moamen Aliwa het gister plaasgevind.

Die Israeliese weermag het gesê Sharif was die teiken van die aanval en het beweer hy was “’n hoof van ’n terreursel binne Hamas”. Israel het nie bewyse voorsien vir hulle bewerings nie.

Wêreldleiers en organisasies het die aanval veroordeel en het vir ’n onafhanklike ondersoek aangaande die voorval gevra.

Bronne: BBC, Sky News, Euronews

Lees ook: Vyf joernaliste dood in Israeliese aanval op Gasa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief