Brekende Nuus
Afrikaans

Verskeie mense dood en beseer in Russiese aanval in Oekraïne

Verskeie mense beseer en sowat drie dood in Oekraïne ná Russiese aanval

fotokrediet: Canva
Verskeie mense beseer en sowat drie dood in Oekraïne ná Russiese aanval fotokrediet: Canva

OEKRAÏNE. – Drie mense is oorlede en meer as 30 is beseer nadat Rusland oornag ‘n lugaanval op Oekraïne geloods het.

Lees ook: Rusland teiken Oekraïne met grootste lugaanval in maand ure ná Zelenski-Trump-gesprek

Wolodomir Zelenski het gesê verskeie streke in die land is getref as deel van ‘n “doelbewuste strategie” om “burgers te intimideer en ons infrastruktuur te vernietig”. Hy het gesê een vuurpyl het ‘n residensiële gebou getref.

Volgens Okraïne se lugmag het Moskou 619 hommeltuie en vuurpyle in die aanvalle gebruik.

Rusland het gesê dit het ‘n “massiewe aanval” geloods om militêre-industriële teikens aan te val. Volgens Rusland is vier mense dood in die Samara-streek ná ‘n Oekraïense aanval. Oekraïne het gesê dit het ‘n groot oliefabriek daar en in Saratov geteiken.

Bronne: Euronews, CBC, BBC

Lees ook: Rusland teiken Oekraïne met grootste lugaanval in maand ure ná Zelenski-Trump-gesprek