KASJMIR, INDIЁ. – Sowat 46 mense is in Chositi Village in Kasjmir, Indië, oorlede ná flitsvloede die gebied hierdie week getref het.
Lees ook: Meer as 60 mense steeds vermis ná oorstromings in Indië
Owerhede het gesê die flitsvloede is deur ’n wolkbreuk veroorsaak en dat verskeie wonings en voertuie in die oorstromings weggespoel het. Sowat 50 mense word nog vermis en reddingspogings is steeds aan die gang.
Daar was onlangs verskeie flitsvloede in Indië met byna die helfte van Dharali in Uttarakhand wat verlede week onder water was, met 66 mense wat steeds vermis word.
Bronne: Euronews, BBC, Sky News
Lees ook: Meer as 60 mense steeds vermis ná oorstromings in Indië





