NIGERIЁ. – Sowat 35 mense is oorlede en meer as 40 beseer toe ‘n brandstoftenkwa in Nigerië ontplof het nadat dit van die pad gegly het en omgeslaan het.
Lees ook: 77 mense dood na brandstoftenkwa in Nigerië ontplof
Verskeie mense het probeer om brandstof wat besig was om uit die tenkwa te lek, bymekaar te maak toe dit ontplof het en hulle deur ‘n hewige brand verswelg is.
Sommige van die liggame is onherkenbaar verbrand en die beseerdes is na ‘n hospitaal vir behandeling geneem.
Die Nasionale Noodbestuursagentskap het gesê dit is moeilik om in hierdie stadium met sekerheid te bepaal hoeveel mense oorlede is en hoeveel beseer is.
Bronne: BBC, Namibia Press Agency, Le Monde
Lees ook: 77 mense dood na brandstoftenkwa in Nigerië ontplof





