Lees ook: Ten minste ses Libanese dood in Israeliese aanval in Beiroet
SWITSERLAND. – Switserse polisie het verskeie mense aangekeer nadat ‘n omstrede kapsule, ontwerp om die insittendes toe te laat om selfdood te pleeg, die eerste keer gebruik is.
‘n Amerikaanse vrou (64) met ‘n ernstig verswakte immuunstelsel het ‘n sogenaamde Sarco-kapsule gebruik om haar lewe te beëndig. ‘n Dodelike gas word binne die kapsule vrygestel en die dood is volgens die ontwerpers van die kapsule “vreedsaam en waardig”.
Verskeie mense is in hegtenis geneem vir “die aanhitsing tot en hulp met die pleeg van selfdood”.
*As jy sukkel met geestesgesondheidsuitdagings, kontak die Selfdood-krisisnoodnommer by 0800 567 567.
Bronne: BBC, The Independent, CNN
Lees ook: Ten minste ses Libanese dood in Israeliese aanval in Beiroet





