Verskeie ontmoetings met spoke

*** Spookstories word deur FiND iT lesers ingestuur en is nie die opinie van FiND iT nie.*** ‘n Inwoner van Kimberley het al verskeie kere in haar lewe met spoke te doen gehad. Haar eerste ontmoeting met ‘n spook was toe sy agt jaar oud was. Toe haar ma...

*** Spookstories word deur FiND iT lesers ingestuur en is nie die opinie van FiND iT nie.***

‘n Inwoner van Kimberley het al verskeie kere in haar lewe met spoke te doen gehad. Haar eerste ontmoeting met ‘n spook was toe sy agt jaar oud was. Toe haar ma een oggend wakker word, het sy gesien daar staan teekoppies in die kombuis en omdat haar pa nie lief was vir tee nie, wou sy by hom weet oor die teekoppies.

Hy het verduidelik dat hy een aand nie kon slaap nie en opgestaan het. Hy het haar oorlede oupa by haar bed gekry staan. Die oupa het gesê hy is lus vir tee en haar pa het toe tee gaan maak.

Haar tweede ontmoeting met ‘n spook was toe sy 18 jaar oud was en in matriek haar eerste huis in Beaconsfield gekoop het. Haar kêrel en sy vriend het die huis by haar gehuur. Sy het by die boekrak gesit en boeke uitpak toe sy ‘n vrou in die eetkamer sien staan. Sy het ook altyd gevoel asof iemand vir haar deur die sitkamer se venster loer wanneer sy in die aand by die huis kom. Sy het gehoor dat ‘n polisieman sy vrou in die huis vermoor het.

Sy het getrou en toe weggetrek na ‘n ander huis toe. Nadat sy haar eerste baba gehad het, het sy een aand by die huis gebly met die siek baba toe haar man kerk toe is. Daar het sy weer goed weggepak toe sy ‘n vrou in die kombuis sien staan. Sy het haar baba gevat en na die bure oorkant die straat gegaan. Daar het sy gewag tot haar man terugkom. Daarna het sy gereeld gevoel dat iemand vir haar kyk terwyl sy in die bed lê.

S0wat 14 jaar later in ‘n ander huis, het sy gelê en slaap saam met een van haar kinders. Elke keer wat sy haar rug na die deur gedraai het, het sy gevoel iemand vat aan haar arm. Haar dogter, wat in die ander kamer geslaap het, het genoem dat haar kasdeure in die nag oop en toe gegaan het. Sy het daarna aangegaan om nog ontmoetings met spoke te hê soos die jare aangestap het.

Rudi Claase stel ‘Afrikaans het Gees’ weens swak gesondheid uit

Seun se familie opgespoor

Twee vir ‘knopkieriemoord’ in aanhouding

Werner de Jager in tronk dood

Werksgeleentheid: Logistieke Bestuurder

Werksgeleentheid: Finansiële Bestuurder

Man wat met dubbelmoord-ondersoek kan help, gesoek

Steve se Janine deel haar diagnose

Ontvoerde slagoffers gered, drie verdagtes op verskeie aanklagte vasgetrek

Hulp gevra oor seun wat in vreemde huis wakker word

Vrou glo met meer as R3 m. dwelms betrap, in hegtenis

Vermiste ouma in vlak tuingraf gevind, kleinseuns in arres

Onbekende man en vrou sterf in motorfietsongeluk – naasbestaandes gesoek