JOHANNESBURG. – Die woordvoerder van die metropolisie in Johannesburg, Xolani Fihla, het gesê verskeie paaie in Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni gaan ontoeganklik wees vir die G20-beraad.
Lees ook: Sekere paaie sal Saterdag vir G20-beraad sluit
Die nasionale roetes wat oor die naweek gesluit gaan word, sluit die N1, N3, N12, R21, R24 en die M1 in.
Nog roetes wat ontoeganklik vir die G20-beraad gaan wees, sluit in:
Sandton: 5th Street, Maudestraat, Daisystraat, Rivoniaweg, Graystonweg en Katherinestraat
Melrose Arch: Whitelyweg, Melrose-boulevard, Atholl/Oaklandsweg
Rosebank, Westcliff en Parkview: Oxfordweg, Glenhoveweg, Jan Smutslaan
Fourways: Winnie Mandela-rylaan
Roodepoort: Hendrik Potgieter-rylaan
Nasrec: Rand Showweg, Booysens, Reserveweg, Nasrecweg en die Golden Highway
Fihla het gesê die “Golden Highway tussen Rand Showweg en Soweto Highway sal heeltemal gesluit wees vanaf 19 November. Nasrecweg tussen Rand Showweg en Shaft 17-weg sal heeltemal gesluit wees op 22 en 23 November met beperkte toegang van die N17-verkeersirkel op pad na Shaft 17-weg.”
Hy het ook gesê “die noordelike deel van Rand Show-weg sal tussen die N1 en Nasrec-weg sal 22 en 23 November gesluit wees terwyl die suidelike deel ‘n dubbelbaan sal wees vir verkeersvloei”.
Fihla het gesê dat “Booysens Reserve-weg op 22 en 23 November gesluit sal wees en daar sal beperke toegang vir beamptes wees”.
Bronne: TimesLIVE, EWN, SABC News





