Die Suid-Afrikaanse weerdiens het verskeie waarskuwings vir vandag vir erge donderstorms en moontlike oorstromings uitgereik.
Lees ook: Prins Harry beskuldig van boeliery en teistering deur Sentebale-voorsitter
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms, hael, swaar reën en moontlike oorstromings is uitgereik vir dele van die Vrystaat, Noord-Wes, Gauteng en KZN. ’n Geel vlak 1-waarskuwing oor donderstorms, erge reën en moontlike oorstromings vir dele van die Oos-Kaap is ook uitgereik.
Reën is vir die grootste deel van die land voorspel.
Bronne: SAWD
Lees ook: Prins Harry beskuldig van boeliery en teistering deur Sentebale-voorsitter





