Die Suid-Afrikaanse weerdiens het verskeie weerwaarskuwings vir vandag uitgereik. ’n Oranje vlak 5-waarskuwing is vir dele van die Vrystaat vir erge donderstorms en moontlike oorstromings uitgereik.
Lees ook: Koue vir die week, sneeu oor die Drakensberge voorspel
Dele van die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en KZN is met ‘n geel vlak 4-kennisgewing teen erge donderstorms gewaarsku.
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms geld vir die Noord-Kaap, Gauteng en Noord-Wes.
’n Geel vlak 1-waarskuwing vir erge donderstorms is ook vir dele van die Vrystaat en Oos-Kaap uitgereik.
Bronne: SAWD
Lees ook: Koue vir die week, sneeu oor die Drakensberge voorspel





