Verslag wys 2023 was warmste jaar nóg

Lees ook :

Verslag wys 2023 warmste jaar nóg. Foto ter illustrasie: Canva

Die jaarlikse State of Global Climate se 2023-verslag is onlangs bekend gemaak. Volgens die Wêreld Meteorologiese Organisasie was die gemiddelde temperature van 2023 die hoogstes wat al ooit aangeteken is.

Rekords vir kweekhuisgasse, oppervlaktemperature, hoër seevlakke en gletsers wat smelt, is ook aangeteken.

Die globale gemiddelde oppervlaktemperatuur in 2023 was 0.12°C meer as dié van die pre-industriële tydperk van 1850-1900. Dit word aan die toenemende hoeveelheid kweekhuisgasse in die atmosfeer toegeskryf.

Kweekhuisgasse soos koolstofdioksied, metaan en stikstofoksied het in 2023 steeds vermeerder. Hierdie gasse absorbeer hitte in die atmosfeer en verhoog die aarde se temperatuur.

Volgens die verslag het intense weer- en klimaatsgebeurtenisse in 2023 ’n groot sosio-ekonomiese impak op alle kontinente gehad.

Die WMO waarsku dat die wêreld ’n duur prys gaan betaal indien daar nie vinniger teen klimaatsverandering opgetree gaan word nie.  

Bronne: WMO, UN

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief