Verstandelik gestremde man aangerand tydens huisroof

Lees ook :

Foto: KZN VIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – ’n Man wat verstandelik gestrem is, is Donderdag kritiek beseer tydens ‘n huisroof in die Grove End-gebied van Phoenix. Die verdagte, glo bekend in die gebied vir roof, het met ‘n onbekende aantal gesteelde items van die toneel gevlug.

KZN VIP Protection Services sê in ‘n sosialemediaplasing lede van dié diens se noodreaksie-eenheid is dadelik na aanmelding van die voorval na die toneel. Met aankoms is die slagoffer in ’n kritieke toestand aangetref en dringende mediese hulp is versoek. KZN VIP-ambulansdiens het die ernstig beseerde man na ’n nabygeleë mediese fasiliteit vervoer.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is in kennis gestel en ’n ondersoek is van stapel gestuur. Geen inhegtenisnemings is tot dusver gemaak nie. Owerhede doen ’n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief