VF Plus betuig meegevoel met ‘tragiese busongeluk’

Lees ook :

VF Plus betuig meegevoel met tragiese busongeluk
VF Plus betuig meegevoel met tragiese busongeluk fotokrediet: Canva

*PERSVERKLARING

Die VF Plus betuig sy innige meegevoel met die ouers, leerders en onderwysers van die Hoërskool Riebeeckstad in Welkom met die afsterwe van ses leerders in ʼn busongeluk.

Hierdie is nie die eerste busongeluk in die onlangse verlede in die Vrystaat wat lewens eis nie.

Die VF Plus het voorheen die Vrystaatse regering gevra om die pad tussen Warden en Vrede te herstel ná die afsterwe van ʼn onderwyser in 2021.

Alhoewel dit nie duidelik is of die pad waarop die bus gereis het ten tyde van die ongeluk ʼn bydrae gelewer het tot die ongeluk nie, berus daar ʼn verantwoordelikheid op die provinsiale regering om toe te sien dat die toestand van paaie nie bydra tot onnodige lewensverlies nie.

Die VF Plus sal ook plaaslik ondersteuning bied aan die betrokke families, leerlinge en onderwysers.

Hierdie gebeurtenis is hartverskeurend en die VF Plus bid almal betrokke die vrede van Christus toe.

*PERSVERKLARING

Lees ook: Ses meisies van skool oorlede toe bus rol

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief