NOORD-KAAP. – ’n Oorsigbesoek van die VF Plus aan die departement van landbou, omgewingsake en grondhervorming in Kimberley het ’n ernstige tekort aan mannekrag by die Groen Skerpioene (omgewingsbestuur-inspektoraat) uitgewys.
Volgens dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder vir bosbou, visserye en omgewing, is daar net een ondersoeker vir die Groen Skerpioene vir die hele provinsie, wat wetstoepassing bemoeilik.
Hy sê die hantering van smokkelplante uit Namakwaland bly ’n groot probleem, aangesien dit nie herplant kan word nie en soms vir jare as bewysstukke gehou moet word. Tydens die besoek is plastieksakke met reeds verrotte plante uitgewys.
Boshoff het gesê die VF Plus beskou die tekortkominge as ernstig en dat beter koördinering tussen wetstoepassingsagentskappe noodsaaklik is.
Druk hier om meer te lees.
Nuusflits het die departement van bosbou, visserye en omgewing vir kommentaar gevra.





