VIDEO: Vrou dagvaar ouers omdat sy gebore is en ‘sy het nie gevra om hier te wees nie’

Lees ook :

Skermgrepe uit video

Die “satiriese” TikTokker – met die naam “Kass Theaz” – het verlede jaar viraal geraak omdat sy gesê het sy gaan haar ouers dagvaar omdat hulle haar sonder haar toestemming in die wêreld gebring het.

Aanhangers was vandeesweek dus ‘n bietjie verward toe sy gesê het sy het vir haar kinders gaan klere koop.

“Ek het in my laaste video genoem dat ek vir my kinders gaan klere koop het, en baie mense is geskok om te hoor dat ek kinders het, aangesien ek my ouers gedagvaar het omdat hulle my sonder my toestemming gehad het,” sê sy in haar laaste video op TikTok.

“Ek het my ouers gedagvaar omdat hulle my verwek het, ek het nie ingestem om hier te wees nie. Ek was onbewus daarvan dat ek gaan moet grootword en werk kry om myself te onderhou,” sê Theaz.

Ewe ernstig voeg sy by:

“En ek het net nie daartoe ingestem nie. Hulle het my op geen manier probeer kontak voordat ek gebore is om te sien of ek werklik hier wil wees nie, en dit is hoekom ek hulle gedagvaar het.”

Theaz stel dan voor dat swanger vroue ‘n psigiese medium huur om hul ongebore kind te vra of hulle “eintlik hier wil wees.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief