Vier dood in kop-aan-kop-ongeluk

Lees ook :

Foto: Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling

MPUMALANGA. – Vier mense het Sondag hul lewens verloor toe twee motors reg van voor op die R38 tussen Hendrina en Carolina gebots het. Die impak was so ernstig dat al vier slagoffers, drie in die een voertuig en die bestuurder van die ander voertuig, op die toneel gesterf het. Niemand anders is beseer nie.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê owerhede het intussen ’n ondersoek na die presiese oorsaak van die ongeluk begin. Jackie Macie, die LUR van dié departement, het ná die voorval motoriste versoek om ekstra verantwoordelik te bestuur, veral met die wisselvallige en nat weer wat padtoestande gevaarliker maak.

Macie sê bestuurders moet stadiger ry, volgafstande vergroot en hul rygedrag aanpas by die omstandighede om soortgelyke tragedies te voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief