OEKRAÏNE. – Vier mense, insluitend ‘n 12-jarige meisie, is in Kijif dood en minstens 70 beseer in ‘n Russiese hommeltuig-en-vuurpylaanval van 12 uur. Sowat 600 hommeltuie en vuurpyle is Saterdag tot Sondag op Oekraïne geloods.
Lees ook: Verskeie mense dood en beseer in Russiese aanval in Oekraïne
Die burgemeester van Kijif, VItali Klitschko, het gesê residensiële geboue, ‘n mediese fasiliteit, kleuterskool en nog burgerlike infrastrukture is in meer as 20 gebiede beskadig.
President Wolodomir Zelenski het gesê hy het met verskeie Europese leiers gepraat insluitend die Nato-sekretaris, genl. Mark Rutte, en die president van Finland, Alexander Stubb, wat hulle ondersteuning aangebied het.
Bronne: The Independent, ABC News, NPR
Lees ook: Verskeie mense dood en beseer in Russiese aanval in Oekraïne





