Vier gesoekte verdagtes, beskuldig van moord en transitoroof, doodgeskiet

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Vier gesoekte verdagtes is vanmiddag in Sydenham deur polisielede van gespesialiseerde eenhede in ‘n skietery gedood.

Lt.kol. Robert Netshiunda sê nog ‘n verdagte is gewond. ‘n Span polisielede bestaande uit verskeie eenhede van die Valke, taktiese reaksie-eenheid, Pietermaritzburg se honde-eenheid en privaat veilgheidsbeamptes het inligting wat ontvang is, opgevolg. Daar is na die verdagtes in verskeie misdade, insluitend moord en transitorooftogte, gesoek.

“Die polisie het die verdagtes in Moses Kotaneweg voorgekeer en die verdagte voertuig beveel om te stop.”

Netshiunda sê die bestuurder het nie op die bevel ag geslaan nie. Terwyl daar vir die polisie weggejaag is, het die verdagtes op hulle geskiet. ‘n Hoëspoedjaagtog het ontstaan, waarna die verdagtes op die hoek van Moses Kotaneweg en Barnstraat teen ‘n muur vasgejaag het.

“Al vier verdagtes in die voertuig het noodlottige skietwonde opgedoen.”

Die vyfde verdagte is gewond toe hy uit die bewegende voertuig gespring het. Volgens Netshiunda is die verdagte in besit van ‘n vuurwapen gevind en hy is in hegtenis geneem.

“Die aantal vuurwapens wat in die voertuig gevind is, sal bevestig word sodra die soektog afgehandel is, alhoewel die polisie kan bevestig dat een van die vuurwapens wat in die voertuig gevind is, ‘n polisiepistool is.”

Netshiunda sê die polisie se inligting was dat die verdagtes onderweg was om ‘n man en sy twee lyfwagte dood te skiet.

“Die verdagtes is ook gesoek vir moorde op mense wat meestal in die konstruksiebedryf betrokke is.”

Foto: SAPD

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief