Vier gesoekte verdagtes doodgeskiet

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Vier gesoekte verdagtes is Donderdag tydens ‘n oor-en-weer-skietery met die polisie in Cato Manor doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê die provinsiale stabiliseringspan het inligting oor die gesoekte verdagtes van Inanda, wat vir onder meer moord gesoek word, opgevolg. Die verdagtes is in ‘n gehuurde kamer gekry. Toe die polisie hulle teenwoordigheid aankondig, het die verdagtes op hulle geskiet. Die polisie het teruggeskiet en al vier die verdagtes in die kamer is doodgeskiet.

Twee vuurwapens is in die besit van die verdagtes gevind. Die verdagtes het glo ‘n man (27) op 23 Maart in Moverstraat in Cato Crest doodgeskiet. Daar word vermoed hulle het die betrokke area verlaat omdat hulle glo bewus was die polisie is op hulle hakke.

‘n Polisiebeampte, wat raakgeskiet is, is deur sy koeëlvaste baadjie gered en sal sielkundige ondersteuning ontvang.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief