Vier gevonnis ná moord op verstandelik gestremde vrou vir versekeringsgeld

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – Vier mans is Donderdag in die Knysna-hooggeregshof lewenslank tronk toe gestuur vir moord. Nomdundu Mafani (23) ’n verstandelik gestremde vrou van Kwanokuthula in Plettenbergbaai, is op 29 April 2022 vir versekeringseisgeld doodgeskiet, met haar voog die meesterbrein agter haar moord.

Sers. Christopher Spies, Tuinroete-polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits Mafani se dood het ‘n ingewikkelde ondersoek teweeggebring. Twee mans, van wie een ‘n wapen gehad het, het die huis in Cubastraat, Kwanokithula betree, waar Mafani sedert haar kinderjare in pleegsorg is, en haar geskiet. Mafani is 15 keer getref en het gesterf. Die verdagtes het van die toneel gevlug.

Vier beskuldigdes is met ‘n ondersoek in hegtenis geneem. Mboneleli Msila (57), wat sedert Mafani 11 jaar oud was haar voog was, is as die meesterbrein van die moord geïdentifiseer. Daar is bevind dat hy verskeie lewensversekeringspolisse ter waarde van R600 000 op Mafani se lewe by verskillende finansiële instellings uitgeneem het. Msila het drie medepligtiges, naamlik Mbulelo Jack (25), Monde Tshemese (35) en Lungisile Lucas (41), gehuur om die moord uit te voer, sodat hy toegang tot die versekeringgeld kon kry.

Die vier beskuldigdes is Dinsdag aan Mafani se moord skuldig bevind en gevonnis. Msila as beskuldigde 1 en Tshemese as beskuldigde 3 is vir samewering om moord te pleeg lewenslank en vir moord ook lewenslank tronk toe gestuur. Jack as beskuldigde 2 en Lucas as beskuldigde 4 is vir sameswering om moord te pleeg 17 jaar en moord ook 17 jaar tronkstraf gevonnis. Tshemese het addisioneel vyf jaar gekry vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Die vonnisse van beskuldigdes twee en vier sal gelyklopend uitgedien word.

Genl.maj. Phumzile Cetyana, die Tuinroete-distrikskommissaris, het die hofverrigtinge bygewoon en het sy dank en waardering teenoor sers. Mphumezi Mlenze, die ondersoekbeampte, en John Reyneveld, die senior staatsaanklaer, vir hul toewyding uitgespreek. Hy het ook die provinsiale eenheid vir ernstige misdaadondersoeke wat saam met Kwanokuthula-speurders gewerk het, bedank vir hulle samewerking wat tot die skuldigbevinding gelei het.

Lt.genl. (Adv.) Thembisile Patekile, provinsiale polisiekommissaris, het lof vir die ondersoek- en vervolgingspanne uitgespreek: “Hierdie vonnis behoort ’n baie sterk boodskap aan die publiek te stuur dat dié wat die verantwoordelikheid dra om na ons kinders om te sien, nie daardie vertroue vir finansiële gewin mag misbruik nie. Geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord bly een van die polisie se topprioriteite en enige daad van sodanige geweld sal met ’n soortgelyke reaksie van die polisie begroet word. Geen moeite of hulpbronne sal ontsien word nie, want ons sal seker maak dat diegene wat die veiligheid van ons vroue bedreig, voor die hof gebring en uit die samelewing verwyder word.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief