Vier in hegtenis in klopjag by restaurante in Menlyn Mall

Lees ook :

Foto: Google Maps

GAUTENG. – Raui Kobeissi (42), bestuurder van die Babel-restaurant, is Saterdagaand saam met drie buitelandse werknemers, Emery Niyomuremyi (35) van Burundi, Amina Lameck (34) van Malawië, en Kelechi Maduike (38) van Nigerië, in hegtenis geneem. Die buitelanders was in diens van Babel-restaurant en Ocean Basket in Menlyn Mall.

Kobeissi is na sy inhegtenisneming met ‘n boete van R10 000 deur Brooklyn-polisiestasie vrygelaat.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die buitelanders het Dinsdag op aanklagte dat hulle onwettig in die land is, in die Hatfield-landdroshof verskyn. Lameck is ‘n sjef en Muduike ‘n voorraadbestuurder in diens van Babel-restaurant. Niyomuremyi het as afleweraar by Ocean Basket gewerk.

Die arrestasies spruit uit ‘n TikTok-video van ‘n voormalige ontevrede werknemer van Babel. Die werknemer was ontevrede oor haar werkgewer se behandeling en beweer die restaurant het die Wet op Arbeidsverhoudinge oortree. Dit het gelei tot ‘n klopjag Sondagaand deur die departement van binnelandse sake by die twee restaurante, waartydens die bestuurder en werknemers gearresteer is.

Die sake is tot onderskeidelik tot 19 en 20 September en 2 Oktober vir formele borgaansoek uitgestel.

Lees ‘n verklaring wat deur die departement van indiensneming en arbeid oor die aangeleentheid uitgereik is hier. Volgens die verklaring het die restaurante twee weke tyd om R1.3 m. te betaal wat dit sy werkers skuld.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief