Vier keer lewenslank in tronk vir man wat minderjarige seuns verkrag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Lindani Gcumisa (46) is Vrydag deur die Pietermaritzburg-streekhof tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy op vier aanklagte van verkragting op jong seuns skuldig bevind is.

Kol. Robert Netshiunda sê die misdade het tussen Februarie en Maart 2024 by Gcumisa se huis in Eenheid 18, Imbali, in die Plessislaer-polisiëringsgebied, plaasgevind. Op die aand van 23 Februarie 2024 is ‘n seun (12) saam met twee vriende na ‘n snoepwinkel. By die snoepwinkel het Gcumisa, wat ook as “Uncle Lee” bekendstaan, die seun na sy kamer geneem en hom verkrag. Die seun is daarna R5 vir sy stilswye gegee.

Terug by sy vriende het hulle hom beveel om sy broek uit te trek. Die kinders het tekens van ‘n verkragting opgemerk en hom oortuig om sy ma te vertel. ‘n Verkragtingsaak is oopgemaak en Gcumisa is gearresteer.

Tydens die GKS-ondersoek het dit aan die lig gekom twee van die seun se vriende, onderskeidelik 10 en 13 jaar oud, en sy sib, 9 jaar oud, is ook deur Gcumisa verkrag en sake is dienooreenkomstig oopgemaak.

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale kommissaris vir KZN, het die ondersoekspan en justisie vir die suksesvolle afhandeling van die saak geprys.

“Verkragting bly ‘n rede tot kommer vir die polisie in KwaZulu-Natal en vonnisse soos hierdie moedig die polisie aan om selfs harder te werk om sake van verkragting op te los. Slagoffers word ook aangemoedig om uit te praat en sake te open met die wete dat geregtigheid sal geskied”, het lt.genl. Mkhwanazi gesê.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief