Vier mense in hegtenis oor stormloop by krieketstadion

Lees ook :

Vier mense in hegtenis geneem vir stormloop by krieketstadion fotokrediet: X

INDIЁ. – Vier mense is in hegtenis geneem vir die stormloop waarin 11 mense Woensdag dood is buite die krieketstadion in Bengaluru in ’n vieringsparade ná die Royal Challengers Bengaluru (RCB) die Indiese Premier-liga vir die eerste keer ooit gewen het.

Lees ook: Elf mense dood tydens vierings ná krieketwedstryd

Die hoof van bemarking van die RCB en werkers by die maatskappy wat die viering gereël het is in hegtenis geneem. Vyf senior polisielede, insluitend die stad se polisiehoof, is deur die regering vir “nalatigheid en onverantwoordelikheid” geskors.

Daar was meer as 200 000 mense by die viering, maar die polisie het glo helfte van daardie aantal verwag. Die stadion waar die parade was, het slegs ’n kapasiteit van 32 000 en was reeds deur toeskouers oorweldig nog voor die RCB-span daar aangekom het.

Die stormloop word ondersoek en meer mense kan moontlik in hegtenis geneem word.

Bronne: BBC, DW, India Today

Lees ook: Elf mense dood tydens vierings ná krieketwedstryd

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief