Vier mense sterf in motorongeluk naby Loskopdam

Lees ook :

Foto: Moeti Mmusi

MPUMALANGA. – Vier mense, drie vroue en ’n seun, is Saterdagmiddag dood toe die Toyota Avanza waarin hulle gereis het, beheer verloor en op die N11 tussen Middelburg en die Loskopdam omgeslaan het.

Luidens ‘n verklaring deur Moeti Mmusi, woordvoerder vir die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, is die oorledenes op die toneel dood verklaar. Nog ‘n insittende is ernstig beseer, terwyl die bestuurder en nog een persoon net ligte beserings opgedoen het. Die beseerdes is vir verdere mediese behandeling na nabygeleë fasiliteite geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek, maar roekelose of nalatige bestuur word nie uitgesluit nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief