Vier moorde en agt pogings tot moord ondersoek

Lees ook :

Foto: Yusuf Abramjee

GAUTENG. – Vier persone is Saterdagoggend omstreeks 03:00 in die Marry Me- informele nedersetting in Shoshanguve doodgeskiet en nog agt is gewond.

Brig. Brenda Muridili sê Soshanguve-polisie is omstreeks 06:00 na ‘n misdaadtoneel in die informele nedersetting waar vier liggame met skietwonde en gedeeltelik verbrand, aangetref is. Volgens getuies is nog agt persone in privaat voertuie en ambulanse van die toneel na hospitale geneem.

Voorlopige ondersoek dui aan ‘n geveg het uitgebreek toe gemeenskapspatrolleerders na bewering vyf persone in ‘n straat opgemerk en hulle genader het. Vier persone is dood en agt is beseer.

Muridili sê die motief vir die aanval moet nog deur die ondersoek bepaal word.

Openbare Orde Polisiëring (OOP) en Soshaguve-polisielede is ná die insident in die gebied om stabiliteit te verseker.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief