Vier moorde en agt pogings tot moord ondersoek

Lees ook :

Foto: Yusuf Abramjee

GAUTENG. – Vier persone is Saterdagoggend omstreeks 03:00 in die Marry Me- informele nedersetting in Shoshanguve doodgeskiet en nog agt is gewond.

Brig. Brenda Muridili sê Soshanguve-polisie is omstreeks 06:00 na ‘n misdaadtoneel in die informele nedersetting waar vier liggame met skietwonde en gedeeltelik verbrand, aangetref is. Volgens getuies is nog agt persone in privaat voertuie en ambulanse van die toneel na hospitale geneem.

Voorlopige ondersoek dui aan ‘n geveg het uitgebreek toe gemeenskapspatrolleerders na bewering vyf persone in ‘n straat opgemerk en hulle genader het. Vier persone is dood en agt is beseer.

Muridili sê die motief vir die aanval moet nog deur die ondersoek bepaal word.

Openbare Orde Polisiëring (OOP) en Soshaguve-polisielede is ná die insident in die gebied om stabiliteit te verseker.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief