Vier persone doodgeskiet, een ontkom

Lees ook :

Foto's: SAPD

DURBAN. – ‘n Man is Maandagaand in Mpunzistraat in die Nhlungwane-area, Inanda, doodgeskiet. Dinsdagoggend is ‘n man en ‘n vrou ‘n paar meter daarvandaan op straat doodgeskiet. Nog ‘n man, in sy 50’s, is in sy kamer doodgeskiet, terwyl ‘n buurman ontkom het nadat daar op hom ook geskiet was.

Die polisie soek na die verdagtes. Dit is nie seker of die insidente aan mekaar verwant is nie.

Kol. Robert Netshiunda sê met polisielede se aankoms Dinsdagoggend op die toneel is die liggame van ‘n man en ‘n vrou in die straat gevind. Beide het verskeie skietwonde gehad en is op die toneel dood verklaar.

Nog ‘n man is meters daarvandaan in sy slaapkamer doodgeskiet. Daar is op die buurman ook geskiet, maar hy is ongedeerd.

Na bewering het ‘n onbekende groep verdagtes eers die man en vrou geskiet. Hulle is glo daarna na ‘n huis waar hulle ‘n sleutel vir ‘n minibustaxi van inwoners geëis is. Die inwoners kon ontsnap, waarna die verdagtes die spaarsleutel vir die minibustaxi gevat het. Daarna is hulle in die pad af waar nog ‘n man doodgeskiet is. Hier het die verdagtes glo die oorspronklike sleutel van die minbibustaxi gebuit. Die verdagtes is daarna met die minibustaxi vort, wat later verlate in die Ntuzuma-area gevind is.

Enigiemand met inligting oor hierdie insidente word gevra om hulle naaste polisiestasie te kontak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief