Vier skoolleerlinge sterf in ongeluk

Lees ook :

Foto: Heidelberg Radio News

GAUTENG. – Vier leerlinge van Laerskool Tom Nesby, Laerskool Ryfield en ‘n vroeëkinderontwikkeling-sentrum (ECD) het vanoggend (Maandag) op die N12 in Daveyton, Ekurhuleni in ‘n ongeluk gesterf.

Steve Mabona, woordvoerder vir die Gautengse onderwysdepartement, sê verskeie voertuie was in die ongeluk naby die afrit op die Putfontein-pad betrokke. Die voertuig waarin die kinders was, is ‘n privaat skoliervervoer-voertuig. Die oorledenes is broers, in gr. 1 en gr. 3 by Laerskool Tom Newby in Benoni, ‘n seun in gr. 1 van Laerskool Ryfield, ook in Benoni, en ‘n seun in gr. R van ‘n vroeëkinderontwikkeling-sentrum wat nog nie geïdentifiseer is nie.

Mabona sê voorts ‘n meisie in gr. 3 van Laerskool Ryfield kritiek is beseer en ontvang dringende mediese hospitaalbehandeling.

‘n Psigososiale-ondersteuningseenheid is na beide van die skole ontplooi, sodat leerlinge en personeel ondersteun kan word.

Mabona sê wetstoepassingsowerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Foto’s: Vision Tactical

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief