KWAZULU-NATAL. – Twee persone is Sondagaand oorlede en nog beseer toe die minibustaxi waarin hulle op die M4 gereis het, teen die Umdloti-brug vasgery het. Nog twee persone het in die hospitaal gesterf.
Samantha Meyrick, van IPSS Medical Rescue, sê paramedici het vyf kritiek beseerde en nog drie persone met matige beserings op die toneel gestabiliseer. Nog ses beseerdes met geringe beserings is ook op die toneel behandel.
Die beseerdes is na verskeie fasiliteite vervoer.
“Our condolences go out to the friends and family of the deceased. As always on such a difficult scene, we extend a thank you to EMRS, CERT, Ethekweni Fire Department, SAPS, Durban Metro Police and all other emergency services on scene.”





