Vier ‘transitorowers’ deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Vier verdagtes wat na bewering betrokke was by ‘n vlaag transitorooftogte in eThekiwini is vanoggend tydens ‘n skietery met die polisie dood.

Brig. Jay Naicker sê verskeie polisie-eenhede, wat die Valke insluit, het inligting na onlangse transitorowe opgevolg. Die ondersoek het die polisie na ‘n huis op die hoek vn Queen Nandirylaan en Sihindistraat in KwaMashu gelei. Die huis was vermoedelik die beweerde rowers se veiligheidshuis.

Met die aankoms van die polisie het die verdagtes onmiddellik op hulle geskiet. Die polisie het teruggeskiet en vier verdagtes noodlottig gewond.

Twee van die oorledenes is van Limpopo-provinsie afkomstig. ‘n AK47-aanvalsgeweer, R5-geweer en twee pistole met verskeie rondtes ammunisie is by hulle gevind.

Naicker sê ‘n groot hoeveelheid plofstof, voertuignommerplate waarvan sommiges van Limpopo, en seinstoringstoestelle, is ook by die verdagtes gevind.

Daar word na nog verdagtes gesoek. Opod vorm deel van die ondersoek op die toneel.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief