KWAZULU-NATAL. – Vier beweerde transitorowers is Woensdagmiddag noodlottig gewond in ‘n oor-en-weer-skietery met die polisie in Estcourt.
Volgens lt.kol. Robert Netshiunda het ‘n groep verdagtes in voertuie ‘n kontantwa forseer om te stop, waarna die sekuriteitsbeamptes se dienswapens en die geld in die voertuig geteel is.
‘n Skietery het tussen die verdagtes en beamptes van die padverkeerinspektoraat (RTI) ontstaan waartydens twee beamptes gewond is. Die polisie se Estcourt-blitspatrollielede het ook met die verdagtes in ‘n skietery betrokke geraak. Vier van die verdagtes is doodgeskiet is.
Twee AK 47-aanvalsgewere, ‘n R5-geweer, ‘n windbuks en ‘n onbekende bedrag geld, wat vermoedelik van die kontantwa gesteel is, is glo in die verdagtes se besit gevind.
Een van die voertuie wat deur die verdagtes gebruik is, is vroeër in Februarie in Germiston as gekaap aangemeld.
Die polisie is op die spoor van meer verdagtes.





