Vier vas wat glo dwelms aan studente verkoop

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Vier verdagtes, tussen 20 en 30 jaar, is Dinsdag op heter daad betrap toe hulle glo dwelms aan studente in Bloemfontein verkoop het.

Kapt. Loraine Earle sê Parkweg-polisiestasie se intervensie-eenheid het inligting van verdagte gedrag in ‘n studentehuis in Universitas ontvang. Dinsdagoggend is twee mans binne en twee buite die huis opgemerk wat na bewering dwelms verkoop. Daar is op die verdagtes toegeslaan en hulle is in hegtenis geneem.

Die polisie het op dagga en R20 000 beslag gelê.

Die vier verdagtes sal binnekort op ‘n aanklag van handel in dagga in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief