Vier verdagtes vir meer as 20 moordsake in aanhouding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Vier van die mees gesoekte vermeende moordenaars wat sedert Junie 2024 die gemeenskap van Amaoti in Inanda geteister het, is Saterdag in Cato Manor gearresteer.

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale kommissaris vir die provinsie, sê die verdagtes is deur ’n multidissiplinêre span in hegtenis geneem wat beamptes van misdaadintelligensie, Cato Manor-misdaadvoorkoming, Inanda-speurders en Durban-metropolisie insluit.

Kol. Robert Netshiunda sê die polisie het positiewe inligting oor verdagtes wat in ’n huis in Cato Manor wegkruip, opgevolg. Met aankoms by die huis is die vier verdagtes in besit van twee vuurwapens, ammunisie en vermoedelik gesteelde eiendom, soos skootrekenaars en selfone, aangetref.

Die verdagtes is tot dusver met meer as 20 moordsake en verskeie gevalle van poging tot moord verbind, wat in die Amaoti-gebied van Inanda plaasgevind het. Ondersoeke duur voort en die soektog na meer verdagtes is aan die gang.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief