Vierde Swartland-dam op die rand van ineenstorting

Lees ook :

Riverlands-damramp
Foto: Facebook

WESKAAP. – Die departement van water en sanitasie het die groenlig gegee vir die konstruksie van ‘n nood-oorloop by die vierde opgaardam in die Riverlands-distrik, naby Malmesbury, om die ineenstorting daarvan te voorkom. Drie damwalle in die Riverlands-omgewing het einde verlede week gebars, wat tot oorstromings en skade aan eiendom en infrastruktuur gelei het.

Op Donderdag 8 Augustus het die wal van ‘n dam op ‘n Dassenberg-eiendom gebreek, wat tot gevolg gehad het dat 14 inwoners gehospitaliseer en meer as 400 mense ontruim is.

Lees ook: https://nuusflits.com/hulp-en-redding-gaan-voort-na-damwalle-bars/

Volgens die departement se woordvoerder, Mandla Mathebula, is hulle besig met ‘n ondersoek na die redes vir die ineenstorting van die damwalle. Hy sê die drie damme, wat aan die Wes-Kaapse regering behoort en die plaaslike landbougemeenskap bedien, het nie genoegsame oorloop gehad nie en dat die water onveilige hoë vlakke bereik het. Die vierde dam, wat die hoogste dam in die vallei is, het ook geen oorloop nie en het strukturele skade opgedoen.

Die minister van water en sanitasie, Pemmy Majodina, en die LUR, Anton Bredell, het die terrein Sondag 11 Augustus besoek en ‘n volledige ondersoek aangevra.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App