NOORD-KAAP. – ‘n Kleutermeisie (4) het Sondag gesterf en haar oom is in die hospitaal opgeneem nadat hulle glo kos by haar huis geëet het.
Sers. Timothy Sam sê die Galeshewe-polisie ondersoek die insident. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die meisie se dood vas te stel.
Die ondersoek duur voort.





