Virginia se munisipale gebou brand na onluste

Lees ook :

Virginia se munisipale gebou brand na onluste. Foto: Vista Newspaper

VIRGINIA, VRYSTAAT. – Die munisipale gebou op Virginia is glo in vlamme gehul nadat onluste vroeër vanmiddag uitgebreek het toe stakingsonderhandelings nie suksesvol was nie.

Dit volg na ’n aanvanklike staking deur munisipale werkers op 29 Januarie 2024. Alle Samwu-lede is op daardie dag glo by die munisipale kantore uitgesluit.

Uitgeslote lede het gevind dat aftrekkings van hulle salarisse gemaak is, aangesien die geen-werk-geen-betaling-beginsel gegeld het. Selfs lede wat op siekverlof en ander verlof was, het minder salaris ontvang.

Sommige van die lede het nie vandag hulle Maart-salarisse ontvang nie, terwyl ander verminderde betaling ontvang het.

Vista Newspaper het vroeër beeldmateriaal van die onluste voor die munisipale gebou gedeel. Dit is onduidelik of die brand met die onluste verband hou.

Kyk die beeldmateriaal hier.

Bronne: Vista Newspaper, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief