Visserman in fratsongeluk met haai ‘die see ingesleep’

Lees ook :

Foto: GoFundMe

INTERNASIONAAL. – Paul Barning (58) het aan ‘n visvangkompetisie deelgeneem toe hy Sondag noord van Newcastle (Australië), in visvanggerei verstrengel geraak en na wat berig word deur ‘n haai “die see ingesleep is”.

Volgens die polisie in Australië was dit nie ‘n haai-aanval nie; Barning het op sy boot Dark Horse in vislyn verstrengel geraak terwyl hy besig was om ‘n Makohaai te probeer vang, en het oorboord geval. Barning, van Sydney, wat nie ‘n reddingsbaadjie aangehad het nie, is deur die NSW Game Fishing Association geïdentifiseer. Hy was die sekretaris en voormalige president van Port Hacking se game fishing club en ‘n ervare visserman. Lug-en-seesoektogte wat dae geduur het, is Dinsdag gestaak en sal nie Woensdag voortgesit word nie.

Supt. Joe McNulty, het die haai as redelik groot in vergelyking met Barning se boot van 6.8 meter beskryf. Hy sê Barning was met die haai en vislyn besig, toe hy volens vermoede in die vislyn verstrengel geraak het en oorboord geval het. Hy sê die haai het weggeswem, daar is geen bewyse dat Barning deur die haai in die water aangeval is nie.

Die haai, wat vermoedelik aan Barning se vislyn was, kan tot 13 voet lank word.

‘n GoFundMe-profiel is geopen om die Barning-familie by te staan.

Bronne: Austrailian Broadcasting Corporation, 7News Sydney, CBS News, New York Post

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief