Visserman se liggaam in dam gekry

Lees ook :

Foto: IPSS Search & Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Plaaslike visserman se liggaam is vandag gevind nadat hy Donderdag in ‘n dam in the Nyoni-area vermis geraak het.

Samantha Meyrick van IPSS Search & Rescue sê die visserman het na sy visnette gekyk toe hy vermis geraak het. Sondagoggend is IPSS en Empangeni-polisie se soek- en reddingspan na die dam om die liggaam te soek.

“Dit blyk die visserman het van sy tydelike vlot afgeval, in sy nette verstrengel geraak en ongelukkig verdrink.”

Die liggaam is aan die polisie oorhandig.

“Ons meegevoel gaan uit aan die vriende en familie van die oorledene,” het Meyrick gesê.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App