Vlieënier ontvoer en beroof in Johannesburg

Lees ook :

Vlieënier ontvoer en beroof in Johannesburg
Vlieënier ontvoer en beroof in Johannesburg fotokrediet: Canva

Lees ook: Agnes Setshwantsho se borgaansoek gaan vandag voort

JOHANNESBURG. – ’n Britse vlieënier is Maandag in die Melrose Arch-gebied ontvoer en beroof. Hy is ontvoer tydens ’n stop in Johannesburg toe hy die BluBird-winkelsentrum besoek het.

Volgens die nasionale polisiewoordvoerder het ’n vrou die vlieënier genader vir hulp om haar sakke na haar kar toe te dra.

Volgens die woordvoerder het gewapende mans hom ontvoer toe hy by die kar kom. Hy is daarna gedwing om sy bankrekening leeg te trek. Dis onbekend hoe en wanneer hy vrygelaat is.

Die polisie ondersoek ’n saak van ontvoering en roof. Buitelandse media het berig die vlieënier is beseer tydens sy ontvoering, maar volgens die polisie het hy geen beserings gehad nie.

Bronne: Daily Maverick, The Telegraph, TimesLIVE

Lees ook: Agnes Setshwantsho se borgaansoek gaan vandag voort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief