Vliegtuig gesoek ná dit verdwyn

Lees ook :

Vliegtuig word gesoek ná dit verdwyn fotokrediet: X

AUSTRALIЁ. – ’n Soektog is geloods nadat ’n vlieënier wat oor die Bass Strait tussen Australië en Tasmanië met sy lewensmaat en hulle troetelhond gevlieg het, met vliegtuig en al verdwyn het.

Lees ook: Vulkaan in Rusland bars uit vir eerste keer in 600 jaar

Die ligte tweesitplekvliegtuig het Saterdag in Tasmanië opgestyg en sou in Leongatha stop voordat dit verder na Condobolin sou vlieg, maar die vliegtuig het nooit by Leongatha uitgekom nie.

Die Australiese maritieme veiligheidsowerhede (AMSA) het bevestig die vlieënier het nooit kontak met owerhede gemaak voordat hy opgestyg het nie. Dit is nie bekend of die vliegtuig verdwyn het voordat die vlieënier kontak met owerhede kon maak nie.

Tasmaniese polisie-inspekteur Nick Clark het gesê die vlieënier het “baie ondervinding” gehad, maar dat die vliegtuig “nuut was vir hom” omdat hy dit drie of vier maande gelede eers gekoop is.

Bronne: Daily Mail, The Sun, Sky News

Lees ook: Vulkaan in Rusland bars uit vir eerste keer in 600 jaar

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief