RUSLAND. – Vulkaan Krasheninnikov in Kamchatka, Rusland, het Saterdag vir die eerste keer in 600 jaar ’n uitbarsting gehad.
Lees ook: Tsoenami-waarskuwings afgeskaal in sommige gebiede
Die Krasheninnikov-vulkaan is in dieselfde gebied as waar die 8.8-aardbewing Woensdag plaasgevind het.
’n Aardbewing van 7.0 Sondag by die Kuril-eilande in Rusland het tot nog tsoenami-waarskuwings vir drie gebiede in Kamchatka gelei.
Kenners het gesê die vulkaanuitbarsting en aardbewing is waarskynlik veroorsaak deur Woensdag se aardbewing van 8.8.
Kenners het gewaarsku sterk naskokke kan vir weke voortduur ná Woensdag se aardbewing.
Bronne: BBC, The Independent, CBS News
Lees ook: Tsoenami-waarskuwings afgeskaal in sommige gebiede





