Vliegtuig maak noodlanding nadat passasier sterf

Lees ook :

Vliegtuig moes noodlanding maak nadat passasier sterf fotokrediet: X

INTERNASIONAAL. – ‘n Vliegtuig van British Airways van Londen na Nigerië moes Sondag ‘n noodlanding maak nadat ‘n afgetrede militêre hoof tydens die vlug gesterf het.

Lees ook: Drie beseer toe helikopter op hoofweg neerstort

Osita Obierika, in sy 80’s, was in die VK vir kankerbehandeling en was op pad terug huis toe, toe hy tydens die vlug siek geraak het en gesterf het.

Die vlieënier het ‘n mediese noodgeval aangekondig en het besluit om by die El Prat-lughawe in Barcelona, Spanje te land. Die nuus van die oorledene het paniek op die vliegtuig veroorsaak en ‘n swanger vrou het ‘n mediese probleem ervaar.

British Airways het om verskoning gevra vir die voorval en het al die passasiers op ‘n ander vlug na Nigerië gesit.

Bronne: Daily Mail, The Independent, New York Post

Lees ook: Drie beseer toe helikopter op hoofweg neerstort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief