Minstens 180 mense dood in Pakistan ná monsoon

Lees ook :

Minstens 180 mense dood in Pakistan ná monsoon fotokrediet: X

PAKISTAN. – Minstens 180 mense is in Pakistan dood ná ’n monsoon op 26 Junie die land getref het. Altesaam 63 mense is dood en byna 300 in die laaste 24 uur in die Punjab-provinsie beseer.

Lees ook: Israel spreek ‘spyt’ uit oor aanval op Katolieke kerk in Gasa

Meer as 1 000 huise is sedert Junie deur aanhoudende monsoonreën beskadig.

Nog reën is vir vandag voorspel en ’n waarskuwing vir nog oorstromings is uitgereik.

Die nasionale rampbestuurowerheid in Pakistan het gesê sowat 85 kinders is oorlede sedert die monsoonseisoen begin het.

Sewe kampe is oor die land gestig om kos, water, medisyne en skuiling te voorsien aan mense wat deur die oorstromings geraak is.

Bronne: Gulf Times, CNN, BBC

Lees ook: Israel spreek ‘spyt’ uit oor aanval op Katolieke kerk in Gasa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief