THAILAND. – ’n Air India-vliegtuig wat op pad was van Phuket, Thailand na New Delhi, Indië moes vandag ’n noodlanding ná ’n bomdreigement maak.
Lees ook: Britse man enigste oorlewende van vliegtuigongeluk
Die bomdreigement volg skaars ’n dag na ’n Air India vliegtuig wat op pad was na Gatwick, Londen neergestort en op ‘n koshuis van ‘n mediese kollege geval het.
Lughawe-owerhede in Phuket het bevestig die vliegtuig moes weer land na ’n bomdreigementnota op die vliegtuig gevind is. Al 156 passasiers is veilig ontruim, maar nog geen bom is op die vliegtuig gevind nie.
Bronne: Daily Mail, The Indian Express, LBC
Lees ook: Britse man enigste oorlewende van vliegtuigongeluk





