Vlugte na en van Dubai geleidelik hervat ná tydelike sluiting

Lees ook :

Foto: Wikimedia Commons (CC BY-SA 4.0)

DUBAI. – Die Burgerlugvaartowerheid van Dubai het bevestig dat vlugte na en van Dubai Internasional Lughawe (DXB) “geleidelik hervat word” na “geselekteerde bestemmings”, het Euronews.com berig. Vlugte is gister (Maandag) tydelik by Dubai se hoof internasionale lughawe opgeskort, en sommige vlugte is na Al Maktoum Internasional Lughawe (DWC) herlei nadat ’n hommelaanval ’n brand by ’n nabygeleë brandstoftenk veroorsaak het.

Amptenare het later bevestig dat die brand suksesvol onder beheer gebring is en dat geen beserings aangemeld is nie. Owerhede het egter as ’n voorsorgmaatreël ’n tydelike opskorting van vlugte aangekondig.

Iran regverdig sy aanvalle op Golfstate deur aan te voer dat die teenwoordigheid van VSA-militêre basisse op hul grondgebied dié state wettige teikens maak nadat Israel en die VSA op 28 Februarie gesamentlike lugaanvalle op Tehran geloods het.

Burgerlike infrastruktuur is egter ook getref, insluitend landmerke, lughawens, hawens en oliefasiliteite regoor die Golf.

Bronne: Euronews.com, Hindustan Times

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief