Brekende Nuus
Afrikaans

Voertuie by lugskou gaan in vlamme op

Foto: Dihlabeng Plaaslike-munisipaliteit
Foto: Dihlabeng Plaaslike-munisipaliteit

VRYSTAAT. – Voertuie by die Betlehem-lugskou het Saterdag in vlamme opgegaan. Nog voertuie het by twee afsonderlike plekke gebrand.

Dihlabeng- plaaslike munisipaliteit sê in ‘n plasing waarby foto’s gedeel is: “Ons het ‘n hartseer gebeurtenis beleef wat amper ‘n andersins perfekte geleentheid bederf het. Verskeie motors is deur ‘n brand beskadig. Die oorsaak van die brand word nog ondersoek. ‘n Volledige gedetailleerde verklaring sal uitgereik word sodra al die feite verkry is.”

Volgens Free State World het nog motors by by Car Pound in Qwaqwa en Pro Parts Scrapyard in Welkom ook gebrand.