Voertuig glo verkiesingsdag gesteel, onderskep voor grens bereik is

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Toyota Fortuner, wat glo op 29 Mei in Sinoville, in die noorde van Pretoria gesteel is, is Donderdagoggend, glo onderweg na Zimbabwe, in die Matlala-polisiëringsarea onderskep.

Kol. Malesela Ledwaba sê ‘n verdagte (36) wat glo die voertuig onderweg na Zimbabwe bestuur het, is in hegtenis geneem. Die voertuig sou blykbaar deur die Beitbrug-grenspos beweeg, maar is in die gebied buite Polokwane opgemerk.

Die verdagte sal op ‘n aanklag van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig in die Seshego-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief